Met die projek wat nou afgehandel is, van my kant af baie dankie vir alles. Ek voel besigheid gaan op die ou einde maar altyd oor die mense. Dit en ook die eindproduk, in ons geval die huis. En vir my was dit 'n lekker 5 of 6 maande gewees. Ek weet my oorlede pa wie se huis (en handewerk) ons afgebreek het sodat jy die nuwe huis kon bou, sou ook baie tevrede gewees het met die nuwe huis. Nogmaals dankie en sterkte met jou nuwe projekte.